Nissen spreek hom uit oor die impak van hoë voedselpryse

Oct 20, 2024
1 min read
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Chris Nissen, het kommer uitgespreek oor die impak van hoë voedselpryse op gemeenskappe. Nissen het tydens ‘n beraad by die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap gepraat. Hy beweer die hoë pryse veroorsaak dat gemeenskappe lae-gehalte kos by spaza-winkels koop, wat siektes en sterftes tot gevolg het. Nissen voeg by dat baie gemeenskappe ook nie hul eie kos kan kweek nie weens ‘n gebrek aan behuisingsgeleenthede.








Comments