top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog 32 partye se kandidate word ook vir die verkiesing gelys

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago
1 min read

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die 32 ander partye se kandidaatlyste vir die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 aanvaar. Dit kom ná 'n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat eis dat die OVK 181 ANC-kandidate in ses munisipaliteite insluit.


Volgens 'n verklaring op die regering se webtuiste het die OVK reeds prosesse ingestel om aan hierdie hofbevel uitvoering te gee.


Die kommissie het ’n grondwetlike verpligting om te verseker dat alle verkiesings wat hy administreer, aan die hoogste standaarde van vryheid en billikheid voldoen.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder deel van hierdie grondwetlike plig is om alle deelnemers aan die verkiesing op ’n gelyke en onpartydige grondslag te behandel.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Die kommissie meen dit sou onlogies en in stryd met die beginsel van gelyke behandeling wees om partye in dieselfde posisie as die ANC uit te sluit. Die kommissie beklemtoon dat die insluiting van hierdie partye ná deeglike oorweging en uitsluitlik met die doel om die vrye en regverdige verkiesings wat deur die Grondwet vereis word, te bevorder, geskied het. Daar is bevind dat 13 ander partye nie aan die vereistes vir die wettige indiening van kandidate voldoen het nie, selfs nadat die hofbevel se toepassing uitgebrei is.



Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page