top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog 'n aansoek in die Lourierpark-saak slaag nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 15
  • 1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit het die Vrystaatse Hooggeregshof se beslissing verwelkom nadat die Lourierpark Buurtvereniging se dringende aansoek teen die Bodulo Mothong-behuisingsontwikkeling van die rol geskrap is.


Volgens My City Bloemfontein sê die metro die projek kan nou voortgaan om behuisingsgeleenthede aan kwesbare inwoners te bied en die behuisingsagterstand in Mangaung aan te spreek.


Die munisipaliteit sê alle ontwikkeling en toekomstige toewysings sal steeds volgens goedgekeurde beleid en wetlike prosesse geskied.


Dit volg kort nadat die Vrystaatse Hooggeregshof ook die Lourierpark-saak wat die DA teen die Mangaung Metro Munisipaliteit gebring het, met koste van die hand gewys het.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page