Nog drie vas na joernalis en lewensmaat verdwyn
- Armando Pieters

- May 13
- 1 min read
Nog drie verdagtes is in verband met die verdwying van die verslaggewer Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli, in Nokakeng in hegtenis geneem. Volgens Maroela Media bring dit die getal verdagtes wat met die saak verbind word op agt te staan. Ndlovu-hulle is in Februarie laas gesien. Die twee liggame wat verlede week in ‘n veld gevind is intussen luidens ‘n gesamentlike verklaring van die Nasionale Persklub en die African Media and Communications Forum positief as die van Ndlowu en sy lewensmaat geidentifiseer. Die twee is vermoedelik doodgeskiet, waarna hul liggame in die veld gelaat is.





Comments