top of page

Nog Eptsein-foto’s is uitgereik

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 hours ago
  • 1 min read

Demokrate in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het nóg 68 foto’s uit die boedel van die veroordeelde seksmisdadiger, wyle Jeffrey Epstein, bekend gemaak. Die Amerikaanse departement van justisie is wetlik verplig om Vrydag ongeklassifiseerde lêers uit sy ondersoek na Epstein bekend te maak.


Netwerk24 berig die jongste stel foto’s, wat sonder enige konteks uitgereik is, blyk nie enige onwettige optrede deur enige van die mense op die foto’s uit te beeld nie. Een skermgreep wys egter ’n teksgesprek waarin ’n onbekende afsender blykbaar bespreek hoe jong vroue gewerf word.


Volgens die Demokrate is die foto’s wat Donderdag uitgereik is, gekies om die publiek deursigtigheid te gee oor ’n verteenwoordigende steekproef van die foto’s en om insigte te gee in Epstein se netwerk en sy uiters ontstellende aktiwiteite.


Een van die Epstein-foto's wat vrygestel is. FOTO: ABC News
Een van die Epstein-foto's wat vrygestel is. FOTO: ABC News

Comments


bottom of page