top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog gedeporteerde migrante van die VSA kom in Eswatini aan

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 10
  • 1 min read

Nog 11 migrante wat ingevolge die Trump-administrasie se beleid van deportasie na derde-party lande uit die Verenigde State verwyder is, het in Eswatini aangekom. Dit bring die totaal na 29 ingevolge ’n ooreenkoms ter waarde van $5,1miljoen.


’n Prokureur wat sommige van die gedeporteerdes verteenwoordig, sê die meeste bly in aanhouding ondanks die feit dat hulle reeds hul tronkstrawwe in die VSA uitgedien het. Hulle is glo na die Matsapha-korrektiewe fasiliteit geneem.


Die Eswatini-regering het nog nie kommentaar gelewer nie.


Eswatini se vlag. FOTO: iStock
Eswatini se vlag. FOTO: iStock

 
 
 

Comments


bottom of page