top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog geen antwoorde is van ‘n Vrystaatse munisipaliteit ontvang oor 'n negejarige se dood

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 2
  • 1 min read

Byna twee maande nadat die negejarige Chris Foord in Bothaville in die Vrystaat doodgeskok het, het die Nala-munisipaliteit nog geen antwoorde hieroor gegee nie. Die nasionale raad van provinsies (NRP) het nou opdrag gegee dat dié munisipaliteit die dood moet ondersoek.


Chris het op 7 Februarie ná ’n reënbui saam met sy maats gespeel toe hy glo in 'n plas water geval het en daarna aan ’n ankerkabel geraak het. Na bewering het daar vroeër die jaar kabeldiefstal op dieselfde straathoek plaasgevind.


Netwerk24 berig die Vrystaatse DA-lid van die NRP, Igor Scheurkogel, het op 18 Maart in ’n sitting van die raad opdrag gegee dat die Nala-munisipaliteit ’n ondersoek na Chris se dood moet doen. Daar is egter geen tydlyn aan die ondersoek gekoppel nie.


Die VF Plus-raadslid van Bothaville, Dian Botha, het in Februarie vanjaar reeds vrae aan die administrateur van die Nala-munisipaliteit, Amos Goliath, gestuur, maar geen antwoorde ontvang nie.


Rosestad-nuus het vroeër berig van dié oud-leerling van die Laerskool Jim Fouché. Ten tyde van sy dood was hy 'n Graad 2-leerling aan die Loskuil-plaasskool buite Bothaville.


Chris Foord. FOTO: BackaBuddy
Chris Foord. FOTO: BackaBuddy

 
 
 

Comments


bottom of page