Nog hantavirus-gevalle word met die passasierskip verbind
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 8 hours ago
- 1 min read
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê sewe bevestigde gevalle van Andes-hantavirus is nou gekoppel aan passasiers aan boord van die passasierskip MV Hondius.
Die totale aantal aangemelde gevalle staan nou op nege. Dit volg nadat Frankryk bevestig het dat ’n Franse passasier wat van die skip ontruim is, positief getoets het.
In totaal is drie mense dood.
Die WGO sê ondersoeke en monitering van passasiers en noue kontakte duur voort terwyl gesondheidsowerhede werk om die uitbreking te beperk.








Comments