top of page

Nog kruise is by die Plaasmoorde-gedenkterrein geplant

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 5
  • 1 min read

Nog 34 wit kruise is by die Plaasmoorde-gedenkterrein aan die kant van die N1 buite Polokwane, in Limpopo, geplant.


Volgens SABC News is die kruise geplant ter ere van die lewens van 34 boere wat tussen Oktober verlede jaar en nou vermoor is.


'n Kruisplantingseremonie is deel van die jaarlikse Wit Kruis-gedenkdiens wat elke jaar in Oktober gehou word.


'n Konvooi trekkers vol landboutoerusting op die N1 was ook as deel van die gedenkdiens.


Volgens Kobus de Lange van die Witkruis Monument is boere die ruggraat van die land en voeg by dit is hartverskeurend om te weet dat sommige van die moorde net vir die moord is en niks uit die huis gesteel word nie.


Hy hoop dat die probleem in die nabye toekoms opgelos kan word.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News


Comments


bottom of page