top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog ‘n amptenaar van drankraad vir korrupsie aangekeer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 28, 2024
1 min read

’n Tweede verdagte is in ‘n dranklisensie-korrupsiesaak deur die Valke in hegtenis geneem. Volgens ’n polisiemediaverklaring volg dit kort nadat die amptenaar van die Drankraad in Bethlehem se medepligtige aangekeer is. Die verdagtes is glo by die uitreiking van bedrieglike dranklisensies betrokke, en sal in aanhouding, hangende hul aansoek om borgtog volgende week, bly. Die Vrystaatse hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek, generaal-majoor Mokgadi Bokaba, het die inhegtenisneming verwelkom. Sy het bygevoeg dat enigiemand wat toelaat dat geld wat op ’n korrupte wyse deur hul bankrekening beweeg, aktief aan misdaad deelneem, en dat hulle op aanklagte van korrupsie en geldwassery in hegtenis geneem sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page