top of page

Nog ‘n bank gaan Slim ID- en Paspoortdienste aanbied

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 4
  • 1 min read

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het aangekondig dat die digitale bank, TymeBank, by die ander groot banke in die land sal aansluit om Slim ID- en Paspoortdienste aan te bied. Dit volg op die aankondigings in Augustus dat Capitec, FNB, Absa, Standard Bank, Nedbank en African Bank die opgegradeerde dienste in die komende maande na honderde fisiese takke sal uitrol. TymeBank sal die dienste deur sy kiosks aannbied, wat deur 1 450 teenwoordigheidspunte in Pick n Pay-, Boxer- en Foschini Group-winkels bedryf word.

 
 
 

Comments


bottom of page