Nog ‘n bestuurder is in die berugte Wilcocksweg beseer

Net meer as 'n jaar nadat sy broer in 'n botsing in Wilcocksweg in Bloemfontein dood is, is 'n 24-jarige motorfietsryer Dinsdagaand ook in dieselfde straat in ’n ongeluk beseer.
Netwerk24 berig Ahmed Fawzy Elfeky was op pad huis toe ná werk vanaf die Baysvillage-sentrum toe ’n motor wat die straat wou oorsteek hom getref het. Elfeky is per ambulans van die ongelukstoneel na hospitaal geneem. Hy het beserings aan albei sy arms opgedoen en sy heup ernstig beseer.
Dit is die tweede keer dat Elfeky in ’n ongeluk in dié straat betrokke is.
Dié ongeluk is die jongste in ’n lang reeks voorvalle in Wilcocksweg, wat inwoners al herhaaldelik as een van die gevaarlikste strate in Bloemfontein beskryf het.
Rosestad-nuus het vroeër berig 'n jaar ná die Mangaung-metro se burgemeester, Gregory Nthatisi, se besoek aan dié straat, daar volgens die VF Plus steeds geen ingryping om die pad veiliger te maak nie.









Comments