top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wilcocksweg hou steeds ’n gevaar in

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 14 hours ago
  • 1 min read

Byna 'n jaar ná die Mangaung-metro se burgemeester, Gregory Nthatisi, se besoek aan Wilcocksweg in Bayswater, is daar volgens die VF Plus steeds geen ingryping om die pad veiliger te maak nie.


Volgens Bloemnuus-Express sê VF Plus-raadslid Elizabeth Snyman-Van Deventer daar was sedert die besoek verlede jaar ses ongelukke op die besige pad, waarvan twee op dieselfde dag was. Twee mense is glo ook in dié tyd in afsonderlike ongelukke oorlede.


Snyman-Van Deventer het in 'n skrywe aan Nthatisi gevra dat daar dringend opgetree word om verdere ongelukke te voorkom.


Sy sê die VF Plus het reeds voorgestel dat 'n verkeersirkel gebou word om die spoed van motoriste te verminder.


Volgens haar is daar steeds geen implementering van dié of enige alternatiewe maatreëls nie. Sy voeg by dofgeverfde padlyne, ontbrekende of onleesbare verkeerstekens en swak stormwaterdreinering dra glo ook tot gevaarlike toestande by.


Gregory Nthatisi en Elizabeth Snyman-van Vuuren luister na inwoners. FOTO: Bloemnuus-Express
Gregory Nthatisi en Elizabeth Snyman-van Vuuren luister na inwoners. FOTO: Bloemnuus-Express

 
 
 

Comments


bottom of page