top of page

Nog ‘n Bloemfonteiner is in sy huis aangeval

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

Enkele dae ná die moord op ‘n bejaarde Bloemfonteiner van Pellissier, is ‘n man in Wilgehof helder oordag met ‘n panga in sy huis aangeval. Bloemnuus berig die Parkweg-polisie is op soek na sewe verdagtes, drie vroue en vier mans. Twee vroue het glo vir die man vir water gevra, wat hy vir hulle gegee het. Kort daarna het hulle teruggekeer met nog ‘n vrou en vier mans. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het die verdagtes ook die man se hande met ‘n elektriese koord agter sy rug vasgebind. Hulle het daarna deur die huis gegaan en huishoudelike items en klere gesteel voordat hulle van die toneel gevlug het. Die man is in ‘n stabiele toestand.

 
 
 

Comments


bottom of page