top of page

Nog ‘n kindjie verdrink in die Bainsvlei-omgewing

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 17 hours ago
  • 1 min read

Die 16 maande oue Timothy-John du Plessis wat ook in die Bainsvlei-omgewing verdrink het, word Saterdag vanuit die NG Kerk Bainsvlei, in Bloemfontein, begrawe.


Netwerk24 berig Timothy-John is die tweede kindjie wat onlangs in die omgewing verdrink het.


Die eenjarige Hanru David Venter het twee dae voor Kersfees verdrink.


Volgens Timothy-John se pa, Jacques, het hulle by familielede gebraai toe sy vrou Zelda na hom gevra het.


Hulle het onmiddellik begin soek en een van die ouer kinders het hom gesig na onder in die swembad gewaar.


Hy is uit die water gehaal en dadelik na Mediclinic Bloemfontein gejaag waar hy dood verklaar is.


Jacques beskryf die voorval as ‘n ‘fratsongeluk’ en beklemtoon dat hulle water- en swemveiligheid altyd vir hulle baie belangrik is.  


Timothy-John du Plessis. FOTO: Facebook / Louise Nel Begrafnisdienste
Timothy-John du Plessis. FOTO: Facebook / Louise Nel Begrafnisdienste

Comments


bottom of page