Nog 'n land waarsku sy burgers teen SA
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 14, 2025
- 1 min read
Updated: Dec 15, 2025
Kanada het ’n reiswaarskuwing aan sy burgers uitgereik wat na Suid-Afrika reis.
Dit is weens hoë vlakke van gewelddadige misdaad en ander veiligheidsrisiko’s.
Reisigers word in die kennisgewing aangeraai om uiterste versigtigheid aan die dag te lê weens misdade soos gewapende roof, ontvoering, kapings en aanranding.
Die waarskuwing meld dat buitelandse besoekers reeds direk geraak is en beveel aan dat slagoffers nie weerstand bied nie.
Dit lig ook misdaad by lughawens en moontlike terreurbedreigings uit.
Soortgelyke waarskuwings is reeds deur die VSA en China uitgereik.







Comments