Nog ‘n liggaam is in Heidedal gevind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 22
- 1 min read
Kort nadat ‘n deel van ‘n vrou se liggaam in ‘n vervalle gebou in Heidedal, Bloemfontein, gevind is, het ‘n munisipale werker Maandag die liggaam van ‘n onbekende man in die Heidedal-afvalaanleg sien dryf. Polisiewoordvoerder, konstabel Maselela Langa, sê in ‘n mediaverklaring die werker het dadelik die polisie geskakel en die ontbinde liggaam is deur polisie-duikers uitgehaal. Dit is nog onduidelik wat gebeur het en die polisie het die publiek versoek om te help om die oorledene te identifiseer.





Comments