top of page

Nog 'n plaasmoord ruk die landbougemeenskap

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 29, 2025
  • 1 min read

Updated: Dec 30, 2025

Nog ʼn plaasmoord het die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap geruk met die dood van Mbongeni Sikhakhane, ʼn gerespekteerde boer en voorsitter van die African Farmers Association of South Africa (Afasa), in KwaZulu-Natal.


Volgens Maroela Media was Sikhakhane ook ʼn lid van Afasa se nasionale raad en ʼn invloedryke stem vir swart boere in die provinsie.


Saai sê die familieboerdery waarvan hy deel was, het soos soveel ander die slagoffer van sinnelose geweld op plase geword. Saai sê die tragiese verlies beklemtoon opnuut die noodsaaklikheid om die moorde op boere as ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar.


Saai waarsku verder dat die aanhoudende geweld nie net families verwoes nie, maar ook werksekerheid, ekonomiese stabiliteit en voedselproduksie in landelike gebiede ondermyn.


Mbongeni Sikhakhane. FOTO: Maroela Media
Mbongeni Sikhakhane. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page