Nog ‘n sluis is by die Vaaldam oopgemaak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 28, 2025
- 1 min read
Weens die aanhoudende reënval, het die Departement van Water en Sanitasie 'n tweede sluishek by die Vaaldam oopgemaak. Die opening van die tweede sluis verhoog die uitvloei tot ongeveer 240mᶾ per sekonde, en volgens die departement sal dit help om die invloei-toename te help bestuur. Dit volg na die dam op ongeveer 106,5% kapasiteit is. Departementswoordvoerder Wisane Mavasa sê die opening van die tweede sluis sal ook help om die dam op 105% kapasiteit te hou.






Comments