top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog ‘n strand is gesluit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 21, 2024
  • 1 min read

Nelson Mandelabaai-strand is gesluit nadat hoë E. coli vlakke in die water opgespoor is. ENCA berig Brighton-strand in Gqeberha is verlede Saterdag gesluit nadat onbehandelde riool in die see gevloei het. Dié munisipaliteit sê hulle is in die situasie omdat infrastruktuur gevandaliseer word. Ondanks sigbare waarskuwings gebruik sommige inwoners steeds die strand. Nelson Mandelabaai se infrastruktuur- en ingenieursdirekteur, Joseph Tsatsire, het bevestig Brighton-strand is gesluit om openbare gesondheid te beskerm. Hy sê die metro het talle bloustatusstrande en mense moet daarheen gaan om hulself te geniet.

 
 
 

Comments


bottom of page