top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog ‘n Suid-Afrikaanse soldaat in die DRK beswyk aan sy wonde

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 2, 2025
1 min read

Nog ‘n Suid-Afrikaanse soldaat wat in ‘n aanval in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) gewond is, het aan sy wonde beswyk. berig die Suid-Afrikaanse dodetal staan nou op 14. Die soldate is deel van die vredesmag wat in die DRK ontplooi is om die oorlog tussen die Kongolese weermag en M23-rebelle te probeer stuit. Inwoners van die provinsie Suid-Kivu in die ooste van die DRK het intussen na buurlande begin vlug namate die M23-rebelle nader aan die provinsie se hoofstad, Bukavu, beweeg. Die rebelle is volgens berigte sowat 100 kilometer van Bukavu nadat hulle Goma verlede week oorgeneem het.

 
 
 

Comments


bottom of page