top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog ‘n Universiteit Stellenbosch-student oorlede

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 22, 2024
1 min read

Die liggaam van 'n eerstejaar-student aan die Universiteit Stellenbosch is Maandagoggend uit die plaaslike proefplaas-dam gehaal. News24 berig volgens Wes-Kaapse polissiewoordvoerder, Anelisiwe Manyana, het die polisie die naweek op berigte van ‘n verdrinking gereageer, en polisieduikers het vroeg die oggend die liggaam van die 19-jarige manstudent gevind. ‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is vir verdere ondersoek geregistreer. Die Universiteit se woordvoerder, Martin Viljoen, het gesê die universiteit sal die polisie se ondersoek ondersteun en voortgaan om enige stappe te neem wat nodig is om die veiligheid van sy studente te verseker. Dit volg ná die dood van nog ‘n eerstejaar-student, Jesse Mitchell, wat verlede week in die vroeë oggendure doodgesteek is. Die Wes-Kaapse polisie het ná dié moord vier mense in hegtenis geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page