top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog ‘n verdagte in hegtenis geneem in die Steinhoff-binnehandelsaak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 26, 2024
1 min read

Nog ‘n verdagte in die voortgesette Steinhoff-ondersoek sal na verwagting later vandag in die Pretoria Gespesialiseerde Misdaadhof in Gauteng verskyn op aantygings van die oortreding van die Wet op Finansiële Markte. Die 79-jarige verdagte is vanoggend in hegtenis geneem. Sy arrestasie spruit uit ‘n voortdurende ondersoek na Steinhoff, waarin die maatskappy se destydse uitvoerende hoof, Markus Jooste, glo inligting oor die verkoop van aandele uitgeruil het voordat dit geval het.  Jooste het die verdagte aangeraai om sy aandele te verkoop voordat die prys gedaal het weens onreëlmatighede in die Steinhoff finansiële state. ʼn Woordvoerder van die Valke, kolonel Katlego Mogale, sê die verdagte het opdrag gegee dat meer as 39-duisend Steinhoff-aandele verkoop moet word.

 
 
 

Comments


bottom of page