top of page

Nog 'n verdagte is vas oor die N8-transitorooftog naby Botshabelo

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 19
  • 1 min read

'n Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige transitorooftog wat op die N8 naby Bloemfontein vroeër vandeesmaand plaasgevind het.

Volgens 'n polisieverklaring het Valke-woordvoerder Fikiswa Matoti bevestig die man is in Botshabelo aangekeer.

Na bewering het gewapende verdagtes in Mei vanjaar 'n transito-voertuig op die N8 oorval en 'n onbekende bedrag geld gesteel, en later op 'n gemerkte polisievoertuig geskiet. Geen beserings is gerapporteer nie.

Die twee verdagtes word aangekla van onder andere poging tot moord, transitorooftog, onwettige besit van vuuwapens en onwettige besit van ammunisie, en sal na verwagting vandag in die hof in Botshabelo verskyn.

Die ondersoek duur voort.

 
 
 

Comments


bottom of page