Nog ‘n verdagte is vas in verband met DJ Warras se moord
- Saamgestel deur Jana Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Die polisie in Gauteng het nog ‘n verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op Warrick Stock, meer algemeen bekend as DJ Warras.
Die verdagte is Vrydagaand tydens ‘n Misdaadintelligensie-geleide operasie in hegtenis geneem.
Stock is verlede maand voor ‘n gebou in Johannesburg doodgeskiet. Die eerste verdagte wat vir Stock se moord in hegtenis geneem is, is borgtog geweier en word op 11 Februarie weer in die hof verwag.
‘n Polisiewoordvoerder, brigadier Brenda Muridili, sê die nuwe verdagte sal Maandag hul eerste verskyning in die hof maak.




Comments