Verdagtes is vir ondervraging ingeneem rakende DJ Warras se moord
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 23, 2025
- 1 min read
Twee mense is vir ondervraging ingeneem in verband met die moord op die bekende platejoggie en sakeman, Warrick Stock, ook bekend as DJ Warras.
Stock is verlede week in die Johannesburgse middestad in Gauteng doodgeskiet.
‘n Polisiewoordvoerder, Brigadier Athlenda Mathe, het die ontwikkeling bevestig en sê dit voldoen aan die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se verbintenis om ‘n deurbraak in die hoëprofielsaak te lewer.







Comments