Nog 'n vragmotor met vermoedelik gesteelde koperkabels is buite Bloem onderskep
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Nog 'n vragmotor vol vermoedelik gesteelde koperkabels en elektrisiteitskomponente is op die N1 buite Bloemfontein onderskep.
Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, sê in 'n mediaverklaring 'n vragmotorbestuurder is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat die polisie op 'n wenk gereageer het.
Sakke met koperkabels en transformatoronderdele ter waarde van meer as R350 000 is op die vragmotor gevind.
Van die items word verbind met die vandalisering van die Fichardt-mini-substasie.
Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Volgens Centlec is dit reeds die tweede vragmotor wat in bietjie meer as 'n maand onderskep is, nadat 'n soortgelyke vrag op 12 Junie op pad na Johannesburg voorgekeer is.








Comments