top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog ‘n Vrystaatse vrou vermoor

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 13, 2024
1 min read

Die Vrystaatse-polisie is op soek na 'n verdagte ná die moord op 'n vrou in die Manyatseng-township naby Ladybrand. Die 44-jarige vrou se liggaam is in haar slaapkamer ontdek, en is na bewering deur haar kêrel vermoor. SABC-nuus berig die polisie het 'n oproep van gemeenskapslede oor die moord ontvang en dat die verdagte glo met die oorledene se voertuig die toneel gevlug het. Dit is die vierde geslagsgebaseerde moord in die Vrystaat in ses maande. Drie vroue is vroëer die jaar, in een week in Bloemfontein en Botshabelo vermoor. 'n 23-jarige vrou se liggaam is naby 'n stadion in Botshabelo ontdek, terwyl 'n 39-jarige na bewering deur haar kêrel doodgesteek is, en in 'n ander voorval het 'n 42-jarige man na bewering sy meisie vermoor deur haar met 'n motor om te ry.

 
 
 

Comments


bottom of page