top of page

Nog ‘n werker is by ‘n Mosselbaaise reservaat deur ‘n olifant vertrap

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 23, 2025
  • 1 min read

ʼn 39-Jarige werker by die Gondwana-private natuurreservaat naby Mosselbaai is oorlede, nadat ʼn olifant hom vertrap het. Maroela Media berig volgens polisiewoordvoerder, sersant Christopher Spies, het die voorval Dinsdag oggend plaasgevind. Die man het veelvuldige beserings opgedoen en paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Spies voeg by die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek, en die omstandighede rondom die voorval vorm deel van daarvan. In Maart verlede jaar het die 36-jarige veldgids, David Kandela, glo probeer om ʼn trop olifante van ʼn restaurant in die reservaat weg te keer toe hy deur een van die olifante bestorm en vertrap is.

 
 
 

Comments


bottom of page