Nog net een geleentheid vir aanlyn kieserregistrasie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 7
- 1 min read
Vrydag is die laaste geleentheid vir kiesers om aanlyn vir vanjaar se plaaslike owerheidsverkiesing te registreer.
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sal Vrydag die verkiesingsdatum publiseer. Die aanlyn registrasie sal sluit nadat die datum gepubliseer is.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie verwag dat die aantal mense wat aanlyn registreer Vrydag sal toeneem. Daar is 29 miljoen geregistreerde kiesers in Suid-Afrika.








Comments