top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog twee kinders verdrink in die Valsrivier

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 17, 2025
  • 1 min read

Die polisie in Bothaville het ’n ondersoek geopen nadat twee meisies in die Valsrivier by Bothaville verdrink het.

Luidens ’n polisieverklaring volg die ondersoek nadat die twee meisies, wat die laaste keer Dinsdag deur hul maat by die Valsrivier gesien is, vermis word.

Daar word beweer drie meisies van 7, 10 en 11 jaar is deur sterk waterstrome meegesleur, maar die 11-jarige het aan ‘n boomtak vasgeklou.

Op 8 Januarie het ‘n 19-jarige ook daar verdrink.

Die voorval is aan die polisie gerapporteer, en ’n intense soektog is onmiddellik geloods.

Ná aanvanklike mislukking is die soek- en reddingspan versterk, en die liggame gevind.

 
 
 

Comments


bottom of page