Nog twee renosters is in 'n VS natuurreservaat gestroop
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 8
- 1 min read
Nog twee renosters is in die Willem Pretorius-natuurreservaat in die Vrystaat gestroop. Dit bring die totale getal renosters wat sedert Februarie vanjaar daar doodgemaak is, op sewe te staan.
Netwerk24 berig die jongste voorvalle kom ondanks vorige waarskuwings oor onvoldoende voorkomingsmaatreëls en toenemende kommer oor die bestuur van die reservaat se renosterbevolking.
Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die twee renosters wat doodgeskiet is, se horings is verwyder, en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Sy kon nie sê of die jongste voorvalle met die vorige stropingsvoorvalle verbind kan word nie. Sy sê die ondersoek is nog aan die gang en alle leidrade word opgevolg.
Die Kalahari Integrated Wildlife Zone het reeds vroeër gewaarsku dat die situasie op sistemiese probleme dui en dat die vertraging van ingrypings die risiko vir renosters verhoog.
Vrae oor waarom die reservaat se renosters nie vroeër onthoring is nie, bly intussen onbeantwoord. Geen terugvoer is van die Vrystaatse departement van ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake ontvang nie.








Comments