Nog vas na hulle glo vervalde kos verkoop
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2, 2025
- 1 min read
Nóg twee persone in hegtenis geneem vir die beweerde herverpakking en verkoop van vervalde kos. Maroela Media berig Mark en Sonnet Lombard se inhegtenisneming volg nadat Pieter Grobler in Februarie weens dieselfde rede op ʼn plaas by in Mpumalanga in hegtenis geneem is. Grobler is kort daarna op borgtog van R8 000 vrygelaat. Volgens ‘n woordvoerder van die Valke is die jongste verdagtes vermoedelik familie van Grobler. Die Lombards het reeds in die Secunda-landdroshof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat. Rosestad-nuus het vroeër berig die 30-jarige boer het glo ou kos uit verskeie winkels versamel met die doel om dit aan sy diere te voer. Owerhede was geskok toe hulle tydens ‘n besoek aan die plaas twee pakhuise vol kos gevind het wat nie vir menslike gebruik geskik is nie.







Comments