top of page

Nog verdates vas na skokaanval in Bloemfontein-middestad

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 28
  • 1 min read

Vanuit die verneemde aanvallers wat op ’n video gesien kan word waar hulle ’n man en vrou in ’n Ford Fiesta in Bloemfontein se middestad beroof, was nege verdagtes teen vanoggend reeds in hegtenis.

Polisiewoordvoerder Kaptein Loraine Earl het die inhegtenisnemings aan Rosestad-nuus bevestig en gesê ’n taakspan is gister dadelik in plek gestel om misdaad in die middestad hok te slaan.

Volgens die polisie se nuutste verklaring het die span vinnig drie verdagtes in hegtenis geneem wat vermoedelik die geroofde buit gekoop het.

Met die hulp en ’n wenk van gemeenskapslede is nog drie verdagtes in hegtenis geneem, wat die totaal op ses verdagtes te staan bring.

Nog drie verdagtes is deur die Distrikstaakspan in hegtenis geneem nadat hulle inligting oor hul verblyfplek ontvang het.

Al nege verdagtes sal na verwagting Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op agt aanklagte van roof met verswarende omstandighede. Ondersoeke duur voort, en nog aanklagte word verwag.

KYK HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page