Nog versorgers is vas vir die beweerde aanranding van ‘n Vrystaatse-bejaarde
- Armando Pieters

- Jul 16
- 1 min read
Daar is nou altesaam ses vroue vir die beweerde aanranding van 81-jarige inwoner van die Silver Village-versorgingsoord in Welkom, in aanhouding. Volgens Netwerk24 is nog twee vroue vroeër die week aangekeer. Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die oortreding van die Wet op Ouer Persone. Die ses se borgtogverhoor sal na verwagting Woensdag voortgesit word. Die aanklagte spruit uit ‘n voorval waarin die 81-jarige inwoner glo deur die sentrum se 64-jarige bestuurder, Lynette Brummer, ‘n 73-jarige verpleegster, Anna Fourie, en versorgers aangerand en ernstig beseer is





Comments