top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog vier OBK-direkteure bedank

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Updated: Jul 23

Nog vier nie-uitvoerende direkteure van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het bedank, wat die bestuurskrisis by die instelling verder verdiep.


Eyewitness News berig die minister van finansies, Enoch Godongwana, het 'n vergadering vir 27 Julie belê waar die moontlike ontbinding van die direksie oorweeg sal word.


Die jongste bedankings volg nadat nog twee raadslede vroeër uitgetree het, wat die totaal op ses in net meer as 'n week te staan bring.


Die OBK is die grootste batebestuurder in Afrika en bestuur meer as R3-triljoen, onder meer namens die Regeringswerknemerspensioenfonds.


Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor ondersoek intussen ook die instelling se bestuur.


Enoch Godongwana. FOTO: Facebook
Enoch Godongwana. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page