top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog voertuie is herroep

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 5, 2025
1 min read

Die Nasionale Verbruikerskommissie het ná nog ‘n herroeping van voertuie van verskeie motormodelle, motoriste weereens aangespoor om betrokke voertuie na hul naaste handelaars te neem. Motors, insluitend Ford Mustangs, die BMW X3 G45-reeks, VW Polos en die Hino 500-reeks busse, is gister herroep weens defekte wat bestuurders in gevaar kan stel. Die jongste herroeping is die sewende vanjaar. ‘n Woordvoerder van die verbruikersraad het betrokke eienaars verseker dat hulle nie die koste van herstelwerk sal dra nie.

 
 
 

Comments


bottom of page