top of page

Nog Vrystaatse dorpe steier onder watertekorte

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 27
  • 1 min read

Nog Vrystaatse dorpe gaan die afgelope weke gebuk onder watertekorte. Dié keer het dorpe in die Tokologo-munisipaliteit na bewering die afgelope maand dikwels geen water gehad nie.


Netwerk24 berig dit is glo weens 'n gebreekte afvoerpyp. In sommige gebiede van Dealesville was daar glo 12 dae lank geen water nie. Dié gebiede het glo op 20 Oktober slegs 15 minute lank water gehad.


Die inwoners van die Dihlabeng-munisipaliteit, wat Fouriesburg en Clarens insluit, sukkel ook met sporadiese watertoevoer nadat boorgate beskadig is.


DA-raadslid Ian Riddle sê die gemeenskap van Itumeleng in Zastron in die Mohokare-munisipaliteit steier weer onder ’n rioolkrisis.


Kommentaar is nie van die munisipaliteit ingewin nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page