Nog wit Afrikaners land in Amerika

Nog 'n klein groepie wit Afrikaners – insluitend 'n paar kinders – het in Amerika aangekom as deel van President Donald Trump se hervestigingsaanbod te midde van aantygings van beweerde wit volksmoord in Suid-Afrika. IOL berig 'n woordvoerder van Solidariteit, Jaco Kleynhans, sê dié groep maak deel uit van die 8 000 mense wat om asielstatus aansoek gedoen het. Solidariteit het reeds mense gehelp om die aansoekproses te verstaan en hulle na die regte mense by die ambassade verwys. Die organisasie het ook die Amerikaanse regering gehelp om die kriteria vir vlugtelingstatus te bepaal. Kleynhans voeg by hul fokus is nie vlugtelingstatus vir Afrikaners nie, maar eerder om maniere te vind om 'n vrye, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners in Suid-Afrika te verseker. Hy sê Suid-Afrika kan en moet 'n tuiste vir al sy mense skep.








Comments