Nommerplaatmisdaad moet strenger bekamp word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 22
- 1 min read
Die regering moet handhawing in die nommerplaatbedryf verskerp. Dit is volgens die burgerregte-organisasie AfriForum na aanleiding van berigte van nagemaakte en gekloonde nommerplate, en handelaars wat glo nommerplate uitreik sonder bewys van voertuigregistrasie.
Die organisasie sê swak regulering stel misdadigers in staat om die wet te ontduik en wil hê dat onwettige vervaardigers en ongeregistreerde handelaars vervolg moet word.
AfriForum se woordvoerder, Louis Boshoff, sê hulle wil ook hê dat die Mededingingstribunaal hul saak teen drie nommerplaatvervaardigers wat daarvan beskuldig word dat hulle as ’n kartel opereer, moet afhandel voordat nuwe nommerplaattegnologie bekendgestel word.
LUISTER HIER:
Louis Boshoff








Comments