top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Noodoefening kan verkeer by Kroonstad raak

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 25
  • 1 min read

As deel van pogings om noodgereedheid, samewerking tussen nooddienste en openbare veiligheid te verbeter, word 'n noodreaksie-oefening Donderdag op die N1 noord by die R34-afrit naby die Shell Ultra City in Kroonstad gehou.


Motoriste kan tydelike verkeersontwrigting verwag en sal deur verkeersbeamptes via die R34 herlei word voordat hulle weer by die N1 kan aansluit.


Die oefening is 'n gesamentlike inisiatief van Sasol, DP World, die Road Incident Management System, die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit se nooddienste en ander noodreaksievennote.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 

 
 
 

Comments


bottom of page