top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

NSFAS: Buti Manamela moet rekenskap gee oor sy besluit

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 8
  • 1 min read

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding is versoek om die minister van hoër onderwys, Buti Manamela, dringend voor die komitee te roep om rekenskap te gee oor sy besluit om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) onder administrasie te plaas.


Maroela Media berig die DA se woordvoerder oor hoër onderwys en opleiding, Delmaine Christians, sê die party wil hê Manamela moet sy besluit regverdig, verduidelik waarom Hlengani Mathebula as administrateur aangestel is, en ʼn duidelike langtermynplan vir NSFAS voorlê.


Volgens Christians het Manamela kort nadat hy in die tweede helfte van 2025 as minister aangestel is, onderneem om NSFAS binne drie maande te stabiliseer en ʼn volhoubare model vir die instelling daar te stel, maar binne minder as ʼn jaar ná dié onderneming is NSFAS Maandag weer onder administrasie geplaas.


Die DA het vroeër reeds gepleit vir die vervanging van NSFAS met ʼn nuwe gedesentraliseerde stelsel wat instellings self beheer oor befondsing gee, tussengangers uitskakel en verseker dat studente vinnig en betroubaar ondersteuning ontvang.


Buti Manamela. FOTO: Facebook
Buti Manamela. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page