top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nsfas-vertragings moes nooit gebeur het nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 10
  • 1 min read

Meer as 93 000 studente van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) is geraak deur vertragings met die uitbetaling van hul persoonlike versorgingstoelaes van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas).


Volgens die adjunkminister van Hoër Onderwys, Yusuf Cassim, moes dit nooit gebeur het nie.


Unisa het tydens 'n vergadering met Cassim bevestig dat die fondse reeds op 2 Julie oorbetaal is, maar die vertraging aan 'n stelselfout toegeskryf.


Cassim beskryf verder die maandelikse toelae van R316 as onvoldoende vir afstandsonderrigstudente en sê hy sal vra dat Nsfas se uitbetalingskedules en befondsingsbeleid hersien word om soortgelyke probleme in die toekoms te voorkom.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page