top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nsfas vra studente om betyds vir fondse aansoek te doen

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 16, 2024
1 min read

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) moedig studente aan om betyds aansoek te doen vir befondsing vir volgende jaar.

Die Nsfas Administrateur, Freeman Nomvalo, sê die skema het sy aanlyn aansoekstelsel verbeter.

Nomvalo het tydens ‘n vergadering van belanghebbendes van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding in Johannesburg gepraat.

Nomvalo sê hulle beoog om 750-duisend aansoeke voor die einde van die jaar te verwerk.

 
 
 

Comments


bottom of page