Nthatisi doen 'n beroep op eenheid
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 15
- 1 min read
Die uitvoerende burgemeester van Mangaung, Gregory Nthatisi, doen 'n beroep op Bloemfonteiners om eenheid bo verdeeldheid te kies ná verskeie uitdagings wat die metro die afgelope weke ervaar het.
In 'n openbare boodskap verwys hy na kwessies soos diensleweringsprobleme, optogte waaraan buitelandse burgers deelgeneem het, berigte van plundering van ondernemings in buitelandse besit, hofbevele in Lourierpark en 'n beweerde voorval van geslagsgebaseerde geweld teen 'n student-onderwyser.
Nthatisi sê hoewel die voorvalle uit verskillende omstandighede voortspruit, wys dit hoe maklik verdeeldheid in gemeenskappe kan ontstaan.
Hy sê die mense van Mangaung is vreedsaam, veerkragtig en gee om vir hul gemeenskappe. Hy voeg by dat verskeidenheid eerder 'n sterkpunt as 'n swakheid behoort te wees.
Die burgemeester het inwoners aangemoedig om geweld, misdaad, diskriminasie en verdeeldheid te verwerp en eerder dialoog, begrip en samewerking te bevorder.








Comments