Nthatisi verdedig sy adjunk teen haar man se aksies
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 13
- 1 min read
Die burgemeester van Mangaung, Gregory Nthatisi, het sy adjunk verdedig en die publiek versoek om haar nie te veroordeel omdat tientalle onwettige immigrante in haar eggenoot se gastehuis aangetref is nie.
Netwerk24 berig Nthatisi het op ’n nuuskonferensie in die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein gesê bloot omdat dit haar man was, kan Lulama Titi-Odili nie geïmpliseer word nie.
Titi-Odili se man, Lyndon, ’n Nigeriese burger wat glo verskeie sakeondernemings in die stad het, is op borgtog van R10 000 uit die Bloemfonteinse landdroshof vrygelaat. Hy is vroeër in hegtenis geneem nadat hy glo tot 29 buitelanders in sy gastehuis, Tripple D in Noordhoek, Bloemfontein, laat skuil het.
Hy word daarvan aangekla dat hy ongedokumenteerde immigrante gehelp het.
Nthatisi benadruk dat die mense by die gastehuis van Titi-Odili se man aangetref is, en nie by die adjunkburgemeester huis self nie.








Comments