top of page

Ntshavheni verdedig getuiebeskerming na Getuie D se moord

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 5 hours ago
  • 1 min read

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die getuiebeskermingsprogram moet nie gekritiseer word as dit die getuies self is wat die aanbod van die hand wys nie.


Sy het tydens ‘n media-inligtingsessie in Pretoria gepraat oor die uitkomste van die kabinetsvergadering wat verlede Vrydag gehou is.


Ntshavheni se kommentaar kom na die moord op Getuie D, Marius van der Merwe, wat voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig het.


Sy sê daar word baie aannames gemaak, maar die polisie ondersoek steeds die moord.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels


 
 
 

Comments


bottom of page