NUM se loononderhandelinge met Eskom begin
- Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Die mynwerkersvakbond NUM het sy loononderhandelinge met Eskom begin.
Die vakbond dring aan op ‘n salarisverhoging van 15% en ‘n behuisingstoelaag van R7 000 per maand vir sy lede. SABC News berig die huidige meerjarige ooreenkoms van 7% sal in April volgende jaar verstryk.
Volgens NUM is die verhoging nodig om werknemers te beskerm teen die stygende lewenskoste, insluitend hoër voedsel-, brandstof- en elektrisiteitspryse.
Die vakbond se woordvoerder, Livhuwani Mammburu, sê gesprekke duur voort, maar dit mag dalk stagneer weens Eskom se herstrukturering in drie afdelings.






Comments