top of page

Numsa bereik ‘n dooiepunt in loononderhandelinge

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 27
  • 1 min read

Die vakbond vir metaalwerkers, Numsa, sê dat hulle hierdie naweek ‘n dooiepunt in loononderhandelinge met die motorbedryf bereik het.


Numsa het die bedryf se voorstel van ‘n verhoging van 6.5% vir die eerste jaar en ‘n verhoging van 5% vir die volgende twee jaar verwerp.


Volgens die vakbond is die verhogings laer as die verhogings wat in die ingenieurs-, staal- en plastieksektore aangebied word.


‘n Numsa-woordvoerder waarsku dat die vakbond as ‘n laaste uitweg kan staak, en voeg by werkgewers van die land se sewe oorspronklike toerustingvervaardigers moet ook gereed wees om finansiële openbaarmakings te maak.


Ter illustrasie. FOTO: Journal News
Ter illustrasie. FOTO: Journal News

Comments


bottom of page