top of page

NUMSA eis 10%-verhoging in motorvervaardigingsindustrie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 24
  • 1 min read

n Moontlike dooiepunt oor loonverhogings vir werkers in die Suid-Afikaanse motorsektor kan die industrie heeltemal sluit.

Dié industrie voorsien meer as ‘n vyfde van die land se vervaardigings-uitset.

Business Tech berig die Nasionale Unie vir Mynwerkers van Suid-Afrika (NUMSA) eis dat werkgewers 10%-verhogings gee – insluitend BMW Suid-Afrika, Toyota en Ford.

Dit is meer as drie keer die inflasiekoers.

Dit is NUMSA se intree-versoek in die eerste van ten minste vier onderhandelingsiklusse en kom aangesien die langtermyn lewensvatbaarheid van die vervaardiging van motors en onderdele bedreig word.

 
 
 

Comments


bottom of page